Who's Online

We have 1 guest online
Home Latest News Motorfiets besparings rit - 'n woordjie van Barry Meyer

Motorfiets besparings rit - 'n woordjie van Barry Meyer

1. DIE PIONIERSDAE.
Einde 1981 tydens `n ontbytrit na “Hungry Wheels” het Leon Joubert die eerste keer die idee van `n motorfietsbesparingsrit, geskoei op dieselfde basis as die motors opgehaal. Leon het ook die motorbesparingsrit saam met Jan Hettema begin en het die eerste regulasies vir die motors geskryf. Die idee het Leon gekry van die “Mobil Economy Run” in Engeland. Leon het ook die regulasies vir die Motorfietsbesparingsrit geskryf. Wyle Johan Borman was onmiddellik baie entoesiasties en het Leon aangemoedig om onmiddellik PMC goedkeuring te kry. Barry Meyer was ook entoesiasties maar het tegniese probleme voorsien wat navigasie en formaat van die roeteskedule betref. Begin 1982 het Leon sonder veel moeite PMC goedkeuring gekry en is hy aangestel as die eerste “CLERK OF THE COURSE”.

 

2. DIE TOTAL BORGSKAP.
In retrospek was dit beslis die moelikste hindernis om te oorkom en een van Leon Joubert se grootse bydraes. Mnr Alfons Hough (Destydse Besturende Direkteur van Total SA) het, soos baie mense in daardie tyd (Hells Angels was vloekwoord) `n baie negatiewe opinie van motorfietse gehad en was nie bereid om “Total se geld te mors” op `n partytjie vir ongure motorfietsryers nie. Leon het egter baie goeie verhoudings met Mevrou Val Mickelburgh (Bemarkingsdirekteur van Total) gehad en aan haar `n motvering voorgele waarvolgens Total vier keer meer publisiteit en blootstelling sou kry vir elke rand bestee. Leon het verder gewaarborg dat hy al die motorfiets vervaardigers sou kon motiveer om die byeenkoms met inskrywings te ondersteun. Mevr Mickleburgh (Tannie Val vir Leon) het Leon se voorstelle gekoop en begin druk uitoefen op Mnr. Hough wat op `n stadium wou weet in wat se uitrusting die deelnemers sou deelneem. Leon en myself het in werkstyd met ons motorfietse en leer en reenpakke na Total House, Johannesburg gegaan waar Mnr.Hough in die Total parkeer garage ons kom besigtig het. Op `n dag het Leon `n telefoon oproep van “tannie Val” ontvang wat gevra het of Leon kan waarborg dat Total se borgskap van die byeenkoms oor SATV se agtuur prima tydgleuf aangekondig kan word want indien wel sou Total die byeenkoms borg. Weereens het Leon al sy kontakte as motorsportjoernalis, voorsitter van die motorskrywersgilde en gewese Redakteur vam “Mylpaal” Rondalia se motortydskrif, suksesvol ingespan.
Die aand in Total se Raadsaal was `n onvergeetlike gebeurtenis. Teenwoordig was Mnr Hough, tannie Val, Gerhard Esterhuizen (Hoofbestuurder Bemarking) Jac Kolver, Giovanni Scribanti, Leon en myself. Die spanning was ondraaglik aangesien die aankondiging tweede laaste op die nuusuitsending was. Mnr Hough was emosieloos, het opgestaan en Leon se hand geskud met die woorde: “You have got your event” Jac Kolver het die drankkabinet oopgesluit en glo my daar is behoorlik gevier.

3. DIE “ORGANISING COMMITTEE”
Leon het die volgende komitee saamgestel:
Leon Joubert (Trust Bank) Clerk of the Course
Barry Meyer (Trust Bank) Deputy Clerk of the Course
Clive Brummer (Trust Bank) Finansies
S P Botha (Trust Bank) Tydhouer
Oscar Marruchi Chief Marshall
Johan Borman PMC
Total
Jac Kolver
Giovanni Schribanti.

4. MOBILISERING VAN DIE MOTORFIETSVERSKAFFERS.
Weereens het Leon sy beloftes aan Total gestand gedoen. Aangesien Trust Bank op daardie stadium die beherende aandeel in Suzuki gehad het was dit moontlik om Steve Swanepoel (Suzuki) as vertrekpunt te gebruik. Steve was onmiddellik baie entoesiasties en het 17 motorfietse ingeskryf. Leon het daarna onderhandel met oa Tony Day Yamaha, Rupert Culwick Honda asook Kawasaki. Ducati Ruyssenaars, Moto Guzzi. Fabriekinskrywings (Suzuki 17, Yama 12, Honda 14 Kawasaki 11) het meer as die helfte van die bykans 100 inskrywings uitgemaak.

5. DEELNEMERS
Voorbeelde van “celebrities” wat deur verskaffers ingeskryf is was oa Kork Ballington, dubbele wereldkampioen, Dave Hiscock S A Superfietskampioen, Rod Gray SA Superfiets Kampioen, Joe van Altena, Rene CMA, Odette Scrooby “Mejufrou Suid Afrika” (laasgenoemde was `n nagmerrie), Indien sy sou val en beseer is kon dit die einde van Total se borgskap beteken.

6. TEGNIESE PROBLEME
Die grootste tegniese probleem was die Roeteskedule. Ons eerste poging was om die roeteskedule in los A5 bladsye te druk wat dan met “Masking Tape” op die motorfiets se tenk vasgeplak is. Die idee was dan dat soos vordering gemaak is die boonste bladsy net afgeruk word. Om die konsep te toets het ons, in samewerking met John De La Hunt (RMC), `n mororfiets stiptheidstydren aan die Oos Rand gereel. Die byeenkoms was `n totale “Disaster” – nie een van die 16 deelnemers het klaargemaak nie. In praktyk het dit gebeur dat nie net die boonste bladsy losgekom het nie maar meer as een en in sommige gevalle het die hele skedule weggewaai. Dit het ook halfpad begin reen wat die byeenkoms `n finale nekslag toegedien het. Die oplossing (Plastiekbakkies met twee tolle) is gevind by die destydse “DJ Run” (Durban na Joburg ou motorfiets rally).

7. TEENSTAND
Nie almal by die PMC het die byeenkoms ondersteun nie. Jan Hettema was baie aggressief bekommerd dat die “swak beeld van motorfietsryers” sy byeenkoms sou benadeel.

8. OPLEIDING
Aangesien hierdie `n unieke gebeurtenis vir motorfietsryers was moes daar gekyk word na die opleiding van deelnemers ten opsigte van die basiese beginsels van Stiptheidstydrenne. `n Opleidingsprogram is deur Johan Borman opgestel en in die aande in die PMC Klubhuis aangebied.
Nota! As ek reg onthou was dit tydens hierdie byeenkoms dat ek die eerste keer met `n baie belowende jongman en sy destydse vriendin kenis gemaak het naamlik Francois en Sue wie vir ons as “marshalls” diens gedoen het.

9. SAMEVATTING
Leon het na die eerste byeenkoms besluit om uit te tree aangesien hy graag
wou deelneem en probeer om ook die TOTAL MOTORFIETSBESPARINGS- RIT OP SY KERFSTOK TE PLAAS. Ek het by hom oorgeneem en met bykans dieselfde komitee die volgende twee byeenkomste gereel. In 1983 het ons oor die landgrense gegaan en die eerste nag in Swaziland oornag. Einde 1983 is ek deur die PMC vereer as MOTORCYCLE CLUBMAN OF THE YEAR vir my reeling van die byeenkoms. Ek is vandag nogsteeds trots op hierdie trofee (Skild). Die 1984 byeenkoms het ek na San Lameer aan die Suidkus geneem. Hierdie byeenkoms was `n wonderlike ervaring en baie gewild. In beide die byeenkomste wat ek gereel het is ek vergesel deur Suna.
Ek hoop bogenoemde sal verduidelik hoekom ek so hoogs ontsteld was. Ek beskou die aangeleentheid nou as afgehandel en glo my ek het beslis geen planne om ons vriendskap te beindig nie.
Graag wil ek jou en Hannes komplimenteer met `n baie goed georganiseerde byeenkoms. Ons het dit baie geniet en wil ek net weer vir jou en Debbie hartlik bedank vir die tipiese Francois Jordaan gasvryheid.
Ons sien baie uit na julle af koms.
.